Gees Gelei

Onlangse Plasings

April 21, 2026
37. en Ek sal jou neem, en jy sal regeer oor alles wat jou siel begeer, en jy sal koning word oor Israel. 38. En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in my weë en doen wat reg is in my oë deur my insettinge en my gebooie te hou, soos my kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en Israel aan jou gee. *** Kern gedeelte: "dan sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis stig" Waar die teenwoordigheid van GOD nie in jou huis en jou lewe is nie, sal daar geen bestendigheid wees nie. Daarom spreek GOD vanoggend deur Sy Woord tot ons en sê vir ons, as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in My weë en doen wat reg is in My oë deur my insettinge en My gebooie te hou, dan sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis stig. Die lewe gaan oor keuses, en waar ek vanoggend sit is die keuse eenvoudig, laat ander besluit soos dit hulle pas, maar ek en my huis, ons sal die HERE dien. Miskien is die boodskap dalk te reguit, maar as daar chaos in jou huis is, is dit omdat die "verderwer" rondloop soos 'n brullende leeu, en die vrees van hierdie wêreld het jou aangegryp. ------- GEBED. VADER, daar kom dae wat dit voel of die chaos in ons lewe te veel raak soos wat die "verderwer" die aanslae teen ons oprig. Maar dan kom die U Woord vanoggend tot my wat sê, wees stil, Ek sal vir jou stry. Dankie dat ons vandag besef, dat nie elke aksie het 'n reaksie nodig nie. Sekere sake moet slegs aan U oorgelaat word om mee te deel in U onpartydige opregtheid. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir bestendigheid en standvastigheid in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 20, 2026
4. Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself seweduisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie. 5. Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd 'n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade. *** Kern gedeelte: "in die teenwoordige tyd 'n oorblyfsel" Moenie jou hoop verloor as jy kyk na ons land en ons mense nie. Die oormag van mense wat in die weë van die "verderwer" vasgevang is mag vandag oorweldigend voel, en daarom het ons nie meer hoop vir ons land en ons mense nie. Vandag sê GOD vir ons, moenie mismoedig voel nie, want jy staan nie alleen in gebed nie, want selfs vandag is daar 'n oorblyfsel wat GOD in waarheid dien, wat nie die knieg buig voor die hedendaagse Baäl priesters nie. Staan op, versprei die Evangelie van vrede, roep die Naam bo alle name aan, roep JESUS CHRISTUS in jou lewe in. GOD se Heilige Gees kan nie beperk word nie, en as die Herlewing begin plaasvind, sal dit versprei soos 'n vuur deur ons land. Moet jou nie oor ander bekommer nie, maar hou jy net aan om te doen wat reg is! ------- GEBED. VADER, daar kom tye wat ons voel dat dit geen nut het om te volhard in gebed, in die bediening, om in U weë te wandel terwyl die mense van hierdie wêreld maak en breek soos hulle wil. Maar elkeen van ons dek ons eie tafel van nagevolg, en ons weet dat U herstel sal bring, en as ons volhard sal ons ook aansit by U tafel van heerlikheid. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om te volhard in U Wil, U Weg en laat ons slegs U Stem gehoorsaam sal wees. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 17, 2026
8. Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig 9. As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word 10. want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. 11. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. *** Kern gedeelte: "Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart" Meer duidelik kan die Woord van GOD dit tog nie stel nie. As JESUS CHRISTUS jou Verlosser en Saligmaker is, sal die Woord van GOD nie net naby jou wees nie, maar dit sal in jou wees. Dit sal in jou menswees gesien word, hoe jy lewe, jou optrede, in hoe jy ander mense behandel. As die Lig van JESUS CHRISTUS in jou lewe is, sal daar nie meer plek wees vir die donker van hierdie wêreld nie. As 'n situasie, konflik, uitdaging of versoeking jou pad kruis, vra eers die vraag, hoe sou JESUS dit hanteer het en doen dan so! Onthou, Naby jou is die Woord, in jou mond en in jou hart! ------- GEBED. VADER, in ons soeke na 'n dieper verhouding met U, deur U Seun, ons Verlosser en Saligmaker dwaal ons en eindig ons op by predikers van die wêreld, wat die werke van die "verderwer" goedkeur en selfs ondersteun. Ons word dan van die pad af gelei, terwyl U Woord naby ons is, in ons mond en in ons hart. Verlig asb ons oë sodat ons die Waarheid van U Woord sal verstaan. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees, U Woord in ons lewendig sal maak, laat die vuur van U Heilige Gees in ons begin brand. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 16, 2026
16. En Ek sal blindes lei op 'n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie. 17. Maar die wat op gesnede beelde vertrou, wat aan gegote beelde sê: Julle is ons gode — dié sal agteruitwyk, diep beskaamd staan. *** Kern gedeelte: "Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie" Weet en besef dit vanoggend, dat GOD maak die onmoontlike, moontlik vir die wat op Hom vertrou. Die een krisis op die ander begin opbou en dinge raak buite beheer in die wêreld, en tog lewe ons met die wete en vrede dat ons nie nodig het om te vrees nie. In GOD se Woord staan daar 365 keer geskrywe, moenie vrees nie. So, Laat die wêreld sy gang gaan, maar doen jy daagliks wat jy moet doen, staan onwrikbaar in jou geloof in GOD, bid sonder ophou en beklee jou met die wapenrusting van GOD. As daar wel 'n tyd kom wanneer ons nie seker is oor die pad vorentoe nie, weet net, GOD sal uitkoms gee. Soos Hy self die blindes lei op paaie wat hulle nie ken nie, so sal vir ons wat soms deur ongeloof siende blind kan wees, die pad gewys word. Dit is die dinge wat GOD doen en Hy sal nie nalaat nie. -------- GEBED. VADER, vanoggend staan ons op met die wete en besef dat U in beheer is, en nie 'n haar sal van ons hoof val as dit nie binne U Wil is nie. Daarom bid ons vanoggend dat U ons sal lei op U paaie van geregtigheid en laat U Wil sal geskied. Ons het U lief en en ons ken U Naam en daarom sal U ons beskerm. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir daaglikse krag op ons lewenspad. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: 0725104040
April 15, 2026
7. Hoor, o Here, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my. 8. Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o Here! 9. Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil! *** Kern gedeelte: "Verstoot en verlaat my nie" In ons trots, in ons eiewysheid glo ons dat ons GOD nie nodig het nie, glo ons dat ons die mas van die lewe self sal opkom. Wat ons nie besef nie is dat GOD tot op hede na ons omgesien het, teen aanslae beskerm het en ons gedra het waar ons kragte ons gefaal het. Maar ek wil net hierdie sê vanoggend, bid sonder ophou dat GOD nooit Sy aangesig van jou sal wegdraai en Sy Reddende regterhand van jou sal terugtrek nie. As jy nog nie die woord "Godverlatenheid" ervaar het in jou lewe nie, sal jy dit op die dag verstaan wanneer dit met jou gebeur. Bly in nederigheid voor GOD, want Hy haat trotse oë wat glo dat ons alles self vermag het. Weet dit: Alles wat ons is, is net genade en alles wat ons het is net geleen. ------- GEBED. VADER, Verberg u aangesig nie vir ons nie, wys u knegte nie af in toorn nie: U is ons hulp! Verstoot en verlaat ons nie. Laat ons gesindheid van dankbaarheid sigbaar word vir 'n wêreld wat daagliks net jaag na meer. Laat dankbaarheid vir dit wat U vir ons in ons harte bly groei. In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U dat U hand nooit te kort is om ons te help nie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Show More

Weeklikse Preke

  21 April 2026

- I KONINGS

A cross on top of a hill with a sunset in the background.

  20 April 2026

- ROMEINE

A cross on top of a hill with a sunset in the background.

  17 April 2026

- ROMEINE

A cross on top of a hill with a sunset in the background.

  16 April 2026

- JESAJA

A cross on top of a hill with a sunset in the background.

  15 April 2026

- PSALMS

A cross on top of a hill with a sunset in the background.

  14 April 2026

- ROMEINE 

A cross on top of a hill with a sunset in the background.

  13 April 2026

- ROMEINE 

A cross on top of a hill with a sunset in the background.

  10 April 2026

- ROMEINE

A cross on top of a hill with a sunset in the background.

  9 April 2026

- ROMEINE

A cross on top of a hill with a sunset in the background.

  8 April 2026

- FILIPPENSE

A cross on top of a hill with a sunset in the background.

  7 April 2026

- PSALMS

A cross on top of a hill with a sunset in the background.

  6 April 2026

- ROMEINE

A cross on top of a hill with a sunset in the background.
Kyk na ons Facebook-preek